Dadel Brood

Oond 180 gr C.  Gooi 1 en halwe k kookwater oor 2 pakkies dadels, fyn gesny, sprinkel 2 t koeksoda oor en roer deur. Sit eenkant.  Klits saam in mengbak: 4 E sagte margarine, 1 en halwe k suiker en 2 groot eiers. Roer 3 k bruismeel, halwe t sout en 1 t kremetart by, roer nou dadels by en skep in gevoerde, gesmeerde, medium brood pan. Bak 55-60 minute tot gaar. Laat afkoel en sny soos brood en eet met botter. Jy kan ook cherries en gekapte neute byvoeg.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos