Dadel en Lemoenkoek

Oond 180 gr C.

Sny een lemoen, skil en al en 1 pakkie dadels in stukkies en verwerk saam in voedselverwerker.
Los 1 t koeksoda op in 1/4 k melk en roer by dadel en lemoenmengsel.
Klits saam: 1 k suiker, 1k sagte margarien en 3 groot eiers. Roer 2 k bruismeel, 1/2 t sout en 1 t lemoenessens by. Roer dadelmengsel by meelmengsel.
Skep uit in 1 groot gevoerde, gesmeerde koekpan of in twee ronde, gevoerde, gesmeerde koekpanne.Bak vir 30-40 minute tot gaar.
Laat afkoel en eet bet so of versier met lemoenen rpoomkaas versiersel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos