Tot Sy eer.
Search

Gebakte Aartappels

Stel oond op 180 gr C. Bak 4 groot aartappels tot skil bros en aartappel sag is wanneer jy mes indruk, omtren so een tot een en half uur. Braai intussen 1 pakkie bacon stukkies en 1 groot, gekapte ui, roer gekapte sampioene in en roer 4 E room by. Haal aartappels uit oond, wees versigtig, baie warm. Sny kruis bo-op elke aartappel en druk oop. Plaas in mooi glas oondbak. Skep bacon vulsel binne-in en bo-oor. Sprinkel motzerella kaas, gerasper, bo-oor en bak vir verder 10 minute. Sny sprietui-stingeltjies en sprinkel bo-oor voor opdien. Bedien met groen slaai of met braaivleis

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos