Tot Sy eer.
Search

Gebakte Wortelpoeding

Klits 1 en halwe k canola olie, 2 k suiker, 4 eiers en 1 t vanilla essens saam. Sif 2 k bruismeel, 1 t koeksoda en 2 t fyn kaneel saam. Meng by eiermengsel. Roer 3 k grof gerasperde wortels en 1 k gekapte neute en halwe k sultanas by. Skep in gesmeerde groot oondbak. Bak vir 50-60 minute by 180 gr C.   Bedien met baie dun vla.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos