Heuningvlokkie Beskuit

Oond 180 gr C.  Voeg bymekaar in mengbak:  3 k koekmeel, 4 k Nuttywheat meel, 2 k suiker, 5 k honey flakes, 1 1/2 k hawermout, 4 E bakpoeier en 1 t sout.    Smelt 500 gr margarine en meng met 500 ml karringmelk, 1 k water, 2 E asyn en 2 t koeksoda.  Voeg by droë bestandele. Roer goed deur. Skep in 2 goed gesmeerde broodpanne. Bak vir 1 uur tot gaar. As afgekoel, sny in stukke en droog uit. jy kan ook sade van jou keuse byvoeg.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos