Tot Sy eer.
Search

Hoenderlewertjies in Roomsous.

Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte knoffelhuisie in 2 E canola-olie. Voeg paar gesnyde sampioene by en roer deur. Voeg dan 2 bakkies [250gr elk] hoenderlewertjies, skoongermaak, by. Braai tot net gaar, nog effe pienk binne-in. Roer 1 E soetrissiesous en sout en peper na smaak by. Roer dan 125 ml room by en kook net deur. Laat staan paar minute dat sous effe kan verdik. Bedien met geroosterde brood in drie hoeke gesny

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos