Karringmelk-suurlemoen Poeding

Oond 180 gr C.  Sif 125 ml bruismeel en kwart t sout saam.Voeg 200 ml suiker by. Vryf 50 gr sagte botter in meelmengsel. Klits 3 eiergele, 2 t gerasperde suurlemoenskil, 60 ml suurlemoensap en 250 ml karringmelk saam en roer by meelmengsel Klits 3 eierwitte styf en vou in deegmengsel met metaallepel. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 35 minute tot gaar. Bedien met roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos