Kerrie-Maalvleis Rolle

Kerriemaalvleis;  Braai 1 gekapte ui en 1 t fyn knoffel in bietjie olie.  Roer by: 1 t borrie, 2 t kerriepoeie en 1/2 t komyn [cumin] Braai vir 1 minuut.   Voeg 400 gr maalvleis by, braai tot gaar.  Voeg 1/2 t sout en 1 E appelkooskonfyt en 1 E blatjang by.  Prut vir 15 minute. Oond 180 gr C.    Neem gekoopte brooddeeg en rol uit in reghoek, op meelbestrooide oppervlak.  Smeer maalvleis-mengsel bo-oor, nie tot teenaan rante nie. Rol deeg versigtig in lengte op. Sny met skerp broodmes in dik skywe en pak op goed gesmeerde bakplaat. Smeer deeg met gesmelte margarine. Bak 40-50 minute tot goudbruin en gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos