Tot Sy eer.
Search

Kondensmelk-Sjokolade Fudge.

Plaas vlg in glasbak: 3 k sjokolade splinters, 1 blik kondensmelk, 4 E botter, 1 t vanillageursel en 2 ml sout.   Plaas in mikrogolfoond op hoog vir 5 minute. Roer deur met houtlepel. As sjokolade nie heel gesmelt is, plaas nog rukkie in mikrogolfoond op hoog.  Voer ‘n vierkantige glasbak uit met tinfoelie. Spuit baie goed. Skep mengsel in bak en maak gelyk met lepel. Plaas in yskas tot styf. Haal met foelie en al uit en keer fudge om en trek foelie af. Sny in netjiese blokkies. bere in yskas in bak met deksel.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos