Maalvleis Jaffles

Braai 1 gekapte ui in bietjie olie, voeg dan 1 gekapte knoffelhuisie by. Voeg 100 gr maalvleis by en braai tot bruin terwyl jy roer. Voeg 1 blikkie gemengde groente by, dan t t gemengde kruie en sout en peper. Kook deur tot alle vloeistof weggekook is. Roer 100 ml gerasperde kaas by. Verdeel tussen 4 snye brood, plaas nog 4 snye bo-oor. Druk stewig vas. Plaas in jaffle pan en braai goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos