Macaroni en Kaas

Oond 180 gr C.  Kook 500 gr macoroni en dreineer. Braai 2 gekapte uie, 2 fyn knoffelhuisies en 1 pak bacon stukkies in bietjie olie. Meng gaar macoroni en 300 gr gerasperde cheddar kaas by. Skep in groot bakskottel. Versap 1 blikkie tamaties en meng met 250 ml room. Klits 4 eiers en 1 pakkie mushroom soppoeier by. Voeg halwe k melk by en klits deur.Gooi oor macoroni en sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor. Bak 45-60 minute tot gaar en gestol.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos