Melktert met Smeerkors

Kors: Meng al die volgende saam: 3 hoogvol E koekmeel, knippie sout 1 t bakpoeier, 1 eier en 1 E sagte margarine. Smeer in groot gesmeerde tertbak. Oond 180 gr C.    Vulsel: Gooi 5 k melk in groot kastrol, voeg by 2 E botter, 1 k suiker, knippie sout. Bring tot kookpunt.  Meng in groot beker, 3 E hoogvol maizena, 2 E koekmeel, 1 t vanilla essens, 5 eiergele en 1 k melk. Klits goed saam. As melk in kastrol begin kook. roer eiermengsel stadig in by kookmelk, roer aanhoudend met draadklitser. Kook deur en haal van stoof.  Klits 5 eierwitte styf en vou by mengsel in kastrol. Gooi in kors en sprinkel kaneel oor. Bak tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos