Melting Moments

Oond: 170 gr C.       Klits saam; 400 gr sagte botter, 250 ml versiersuiker en 1 t vanilla/lemoengeursel tot sag en romerig. Sif saam: 800 ml koekmeel, 1 ml sout em 250 ml mielieblom saam.  Voeg by bottermengsel en roer goed. Deeg moet baie sag wees. Plaas deeg in groot versiersak met groot “swirle” tuit voor-in.   Spuit ronde  hopies op gevoerde bakplaat. Bak 20 minute tot gaar en strooikleurig. Laat afkoel op bakplaaat en haal versigtig uit pan met eierspaan.  Koel af op draadrakkie.   Koekies is baie delikaat.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos