Mikrogolf-oond Sjokoladekoek

Voeg saam in ‘n mengbak:  250 ml koekmeel, 2 t bakpoeier, 45 ml kakaopoeier, 250 ml suiker, en 1/4 t sout.    Klits saam in ‘n beker:  2 eiers, 50 ml kookolie, 200 ml kookwater en 5 ml vanillageursel  Roer bymekaar met draadklitser.  Skep in goed gesmeerde/gespuite mikrogolf tuitpan.  Stel mikrogolfoond 7 minute op  Hoog/High.  Plaas in oond.    Haal uit en gooi vlg sous oor.     Sous:  250 ml suiker, 250 ml kookwater, 15 ml kakao en knippie sout…. roer tot suiker opgelos is.    Laat10 minute staan en keer dan uit op bord. Versier soos verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos