Tot Sy eer.
Search

Neute Brownies

Sif saam: driekwart k koekmeel, driekwart k kakao en knippie sout.  Klits saam in mengbak: Halwe k sagte botter, halwe k wit suiker, halwe k bruin suiker, 2 groot eiers en 2 t vanilla geursel. Meng droë bestandele by en roer dan 1 k gekapte neute by, jy kan ook sagte stukkies karamel toffies inroer. Skep in gevoerde, gesmeerde plat koekpan en bak vir 30 minute by 180 grade C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos