Roly Poly Poeding

Oond 180 gr C.     Deeg: Sif saam: 500 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en knippie sout. Vryf 100 ml sagte botter in. Klits 2 eiers en voeg by, maak aan met hande, Voeg bietjie water by om dit sag hanteerbare deeg te maak.   Rol deeg reghoekig uit en smeer dik met appelkoos/aarbei konfyt. Rol deeg versigtig soos ‘n roll koek op en plaas in gesmeerde oondpan.      Sous: Kook saam: 1 k suiker, 30 ml botter, 2 k water , 1 t vanillageursel en knippie sout.    Gooi versigtig oor deeg rol in pan.  Bak vir 45-50 minute tot goudbruin. Gooi van tyd tot tyd van die stroop bo-oor rol.  Sny in dik snye en bedien met baie vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos