Tot Sy eer.
Search

Rooi Fluweel Sjokolade Koek

Oond 180 gr C. Sif saam in mengbak: 625 ml koekmeel, 2 t koeksoda, 2 E kakaopoeier en 1 t sout. Voeg 375 ml suiker by. Klits saam in groot beker: 3 groot eiers, 1 k karringmelk, 330 ml kookolie, 2 t asyn en 2 t vanilla geursel en 1 botteltjie, 30 ml, rooi voedselkleursel. Meng nat bestandele by droee bestandele. Moenie te veel meng nie. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30-35 minute tot gaar. Laat vir 5 minute in panne staan en keer versigtig uit op afkoelrakkie. Koel heeltemal af en smeer vlg versiersel tussen-in en bo-oor koeke. Versiersel: Klits alles saam: 60 gr sagte botter, 1 k versiersuiker, halwe bakkie roomkaas, of gladde maaskaas, 2 E room, knippie sout. Sprinkel gebreekte flake oor, of rooi suiker. Rooi suiker: skep 2 E suiker in bakkie en gooi ‘n druppel of 2 rooi voedselkleursel by, roer met vurk tot suiker egalig rooi is

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos