Sjokolade Karamel tert

Maak beskuitjie kors van chock-crust koekies en bietjie gesmelte botter, druk vas in tertbak.  Vulsel: Skep 1 blikkie karamel kondensmelk op kors en smeer plat.  Plaas 200 gr donker sjokolade, gebreek, in glasbak met 180 ml room en 40 gr botter. Smelt oor kastrol met kookwater. Roer tot glad en gooi bo-oor karamel kondensmelk. Plaas in yskas tot jy dit bedien. Versier met geklopte room as jy wil.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos