Sjokolade Roll

Oond 180 gr C.     Sif saam: 185 ml koekmeel, 3 E kakao poeier, knippie sout 1 t bakpoeier.    Klits 4 eiers tot liggeel en voeg 1 t suurlemoensap en 1 E water by en klits deur. Gooi 185 ml strooisuiker bietjie vir bietjie by terwyl jy klits. Vou droeë bestandele by eiermengsel. Skep in gevoerde, gesmeerde roll pan en bak vir 12-15 minute.  Keer uit op klam, skoon doek en rol versigtig op. Laat heeltemal afkoel, rol versigtig oop en smeer vlg vulsel oor. Vulsel: 5 E sagte botter, 4 E kakaopoeier, 875 ml versiersuiker en 2 E amarula of enige ander room likeur. Klits tot sag en romerig en smeer oor roll, rol versigtig op en smeer nog versiersel bo-oor as jy wil.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos