Souskluitjies

Maak sous in kastrol: Gooi alle bestandele in: 2 k water, driekwart k ligbruin suiker, knippie sout, 2 t fyn kaneel. Kook saam en hou eenkant. Maak deeg aan: Smelt 5 E botter en halwe k appelkooskonfyt in beker in mikrogolf oond, roer 1 t koeksoda by en 1 t asyn. Roer 1 en halwe k bruismeel en kwart t sout en 1 groot eier by. Deeg sal slapperig wees. Skep lepels vol in kokende stroop, moet op laagste hitte kook. Kook vir 12 – 15 minute met deksel op..Eet dit net so of vir nagereg met vla

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos