Tot Sy eer.
Search

Spek-en-tamatie-Macaroni

Uit die boek: Kortpadkos Uit Hoogland se plaaskombuis deur Annette Human.

Spek-en-tamatie-Macaroni

250 g macaronistukkies (2 k)

250 g spekvleis

1 groot ui

2 knoffelhuisies

2 middelslag tamaties

sout

Kook die macaronistukkies volgens die aanwysings op die verpakking tot sag. Dreineer dit goed. Hou dit warm.

Snipper die spekvleis. Skil die ui en knoffelhuisies en kap dit grof. Braai dit saam met die spekvleis tot sag. Snipper die tamaties en voeg dit by die spekmengsel. Prut die mengsel oor lae hitte totdat die tamaties sag is.

Voeg die macaronistukkies by die spekmengsel en meng dit liggies.

Strooi sout na smaak oor. Sit die gereg warm voor saam met slaaie.

Lewer 4 porsies

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos