Spesery Frikadelle

Oond 180 gr C.  Meng saam: 500 gr maalveis, 1 gekapte ui, 1 gekapte knoffelhuisie, 1 k vars broodkrummels, halwe t fyn komyn, 1 t fyn koljander, kwart t fyn naeltjies en halwe t fyn kaneel en 2 E asyn. Klits 1 eier en voeg by en ook sout en peper na smaak. Vorm frikkadelle en plaas in oondbak waarin in jy 1 E olie gesmeer het. Bak tot gaar in oond.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos