Texas Sjokolade Plaatkoek

Oond; 180 gr C.    Sif saam in mengbak;  2 k koekmeel, 3 t bakpoeier en 1/4 t sout. Voeg 2 k suiker by.  Smelt in kastrol op stoof op medium hitte: 200 gr botter, 1 k warm water en 1/4 k kakaopoeier. Roer tot gesmelt.  Klits saam 1/2 k karringmelk, 2 eiers en 1 t vanilla geursel. Roer nat bestandele by droë bestandele. Meng goed en skep in gevoerde, gesmeerde plaatkoek-pan. Bak vir 25-30 minute tot gaar. Keer uit op afkoel-rakkie en koel af.  Smeer vlg versiersel oor.   Versiersel; Klits saam: 125 ml sagte botter, 1/4 k kakaopoeier 1/3 k melk 1 t vanillageursel, 500 gr versiersuiker en knippie sout.  Sny in blokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos