Tuisgemaakte Turkish Delight

Week 30 ml gelatien in 50 ml koue water. Meng 500 ml suiker, 2 ml sout, 75 ml mielieblom en 1 ml sitroensuur met 200 ml water in ‘n dikboom kastrol en roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Kook 7 minute lank op stadige hitte en roer gelatine en 15 ml suurlemoensap by. Gooi uit in ‘n 20 mm hoë gesmeerde 120 x 200 ml pan. Laat oornag staan en sny in vierkante. Rol in mengsel van gelyke dele mielieblom en versiersuiker. Vir variasie: Vervang die suurlemoensap met 2 ml rooswater en paar druppels rooi voedselkleursel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos