Volkoring-Sade Broodjie

Oond 180 gr C. Smeer 2 medium broodpannetjies. Gooi 2 k kookwater oor 125 ml bruinsuiker, roer tot opgelos en roer 4 k semels by. Roer goed deur. Koel af. In mengbak: 2 k koekmeel, 2 k volkoring meel, 1 t sout, 1 pakkie, 250 gr, vrugtekoekmengsel, halwe k sonneblomsaad, halwe k pampoenpitte, 1 t bakpoeier, 2 t koeksoda, opgelos in 1 E water en 1 E asyn. Roer semelmengsel by. Roer goed deur en skep in pannetjies. Bak vir 1 uur tot gaar. Plaas tinfoelie na 30 minute oor broodjies dat dit nie te bruin bak nie. Keer uit en eet met botter.  Heerlik vullend met sop van jou keuse

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos