Pampoentert 2

Bak kors van gekoopte broskors-deeg. Bak kors by 200 gr C vir 10 minurte. Koel af.   Maak vulsel: Meng alles saam: 500 ml fyn, gaar pampoen, 250 ml bruinsuiker, 2 geklitste eiers, 1 t fyn kaneel, 1/4 t fyn neutmuskaat, 1/4 t fyn naeltjies, 1/2 t sout, 125 ml melk, 1 E bruismeel.  Dis ‘n redelike slap mengsel. Gooi in gaar, afgekoelde tertkors. Strooi ligweg met fyn kaneel, as verkies. Verminder hitte na 160 gr C. Bak 1 uur tot gaar.  Toets met toetspen in middel van tert.  Koel af en bedien met geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos