Gebakte Lemoenpoeding

Oond 180 gr C.     Klits 3 groot eierwitte styf en sit eenkant.   Klits saam in mengbak;  125 ml suiker, 3 eiergele, 125 ml sagte margarine en 1/2 t lemoen- en 1/2 t suurlemoengeursel.  Sif  250 ml bruismeel en 1/4 t sout en roer by eiermengsel.  Vou eierwitte in en skep in gesmeerde oondbak. Bak vir 30 minute tot gaar.  Gooi vlg sous oor.   Sous; 250 ml lemoensap, 4 E suiker, knippie sout en 1/2 t lemoenessens. Kook net deur en gooi oor warm poeding.  Bedien met roomys, room of dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos